Vlag van Somaliland

Vlag van Somaliland
Vlag van Somaliland
Vlag van Somaliland
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant
Verhouding 1:2
Goedgekeur 14 Oktober 1996
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in groen, wit en rooi met die Sjahada in wit op die groen baan en ’n swart ster in die wit baan.

Die vlag van Somaliland is op 14 Oktober 1996 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur met ewe wye bane in (van bo na onder) groen, wit en rooi met die Sjahada in wit op die groen baan en ’n vyfpuntige swart ster in die wit baan.

In 1991 is ’n eie plaaslike regering in Somalië gevestig maar die gebied se self-verklaarde onafhanklikheid word deur geen land of internasionale organisasie erken nie.[1][2]

Die Grondwet van Somaliland, soos goedgekeur deur ’n referendum op 31 Mei 2001:

Artikel 7: Die Vlag, die Embleem en die Nasionale Lied

1. Die vlag van die Republiek van Somaliland sal bestaan uit drie horisontale, parallelle en gelyke seksies, die boonste seksie, wat groen is, het in die middel daarvan in Arabies die Sjahada: La Ilaha Ill-Allah, Muhammadan Rasulullah (أشهد أن لا إله إلاَّ الله و أشهد أن محمد رسول الله, Daar is geen ander God behalwe Allah nie, Muhammed is die Boodskapper van Allah); die middel seksie is wit en het in die middel ’n swart ster; die onderste seksie is rooi.

  1. (en) The Signs Say Somaliland, but the World Says Somalia
  2. (en) UN in Action: Reforming Somaliland’s Judiciary

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy